Stem en kom stap dan in die Kloof!

Die stemlokaal vir die Moreletapark gebied is by die Moreletakloof-natuurreservaat. Ons rig n uitnodiging aan alle kiesers van die area:

As u en u gesin na die stemlokaal kom om te stem, trek asseblief julle stapskoene aan en kom stap na die stemmery saam met ons in die mooie reservaat. Ons kan al om die uur uitstappies neem, maar u kan ook self stap op die duidelik aangewysde roetes langs die Moreletaspruit, wat uit n fontein in die gronde van die Wingate-gholfbaan gevoed word.

Daar is verskillende roetes, so bring u kamera saam en stap vir n uur of drie in die kloof.

Bring iets te drinke saam en kry n groot verrassing oor die pragtige natuur wat u hier kan besigtig.

Ons probeer ook om meer lede te werf vir die Vriende van Moreletakloof sodat die kloof as natuurgebied bewaar kan word.

 

 

Jeannie du Plessis van Moreletapark