Kom geniet n heerlike uitstappie in die Moreletakloof saam met Andrie van der Linde wat vir u die geleentheid sal gee om deur ‘n teleskoop die sterreprag te kan aanskou. Dit is werklik ‘n belewenis om in die nag in die veld te stap, ons sal vir u twee geleenthede gee om die naglig te aanskou en die aand afsluit met glassie wyn en ligte versnaperings, in die bos.
30 September 2011, vanaf 18:00 tot ongeveer 21.30. Ons ontmoet 18:00 in die parkering by die hek.
Die koste sal R70:00 per persoon beloop, om u bespreking te bevestig (slegs 30 persone) kontak ons op info@moreletakloof.co.za.