Ons wil graag blinde persone uitnooi om saam met ons op ‘n uitstappie te kom saam met Ernst Retief van BirdLife South Africa, in die Moreletakloof Natuur Reservaat.
Ons ontmoet net binnekant die hek in die parkeerterrein om 07:00, op die 21 ste April. Blinde persone sowel as persone in rolstoele, kan saam met hul vriende die natuur
kom geniet tot ongeveer 11.30.
Ernst sal vir ons verduidelik watter voëls ons hoor en sien, en meer omtrent hulle vertel. Onthou asseblief om in u rugsak iets te ete en drink saam te bring asook miskien ‘n
kombers om op te sit.
Daar is geen koste hieraan verbonde nie maar u moet asseblief vir ons laat weet as u saam kom stap of rol.
Skakel Jeannie du Plessis op 082 9274673 of kontak info@moreletakloof.co.za vir verdere inligting.