Kom stap saam met ons op die 28ste Maart om 06:30 VM. Ek besef dis vroeg maar die Kloof is op sy mooiste en stilste, op n Sondagoggend.
Pak vir julle n ligte ontbyt in n rugsak en kuier saam met ons langs die spruit onder die bome. Onthou die kamera, n klein kombersie om op te sit en al die vriende en familie.
Daar is heerlike roetes om van die kies, sommige makliker as ander. Die afstande wissel , maar die langste een is 3.2km lank. Met al die goeie rëen is die Kloof n lusthof, van die kleinste veldblomme, die mooiste sampioene, wildsbokke en groot ou bome, waaronder die feetjies baljaar. Die spruit ontstaan net buite die Reservaat , en is n pragtige standhoudende stroom wat groot poele onder die bome maak. Jy is heeltyd bewus van die gekabel van die water, en sang van honderde voëls.
Julle kan enige dag van die week kom stap, vanaf ses in die oggend tot ses uur in die aand( waneer jy die stappie kan afsluit met n heerlike glassie wyn by die Voerkraal).
Die motors word veilig binne die Reservaat geparkeer, by die Rademeyershek en alles is gratis.
————————————————————————-
Come for a Walk ,early on Sundaymorning the 28th of March (at 6.30).
Please pack a light breakfast, bring a blanket and your camera, and join us for a walk in the serene coolness of the morning, under shady trees with the sound of water and the song of birds.
You can choose different routes, or join us for a two- or three hour walk. After all the rains, you will not believe that you are walking in a Reserve in the middle of Moreletapark.
The children can enjoy nature and see Zebra, Blesbuck and Impala grazing in the grass fields.
You can come for a walk,any day of the week. The gates open at 06:00 in the morning and you can also end an afternoon walk with glass of wine, at six at the Voerkraal, and watch the sunset over the Kloof.
Park your car at the Rademeyers gate and enjoy the free walk in the most beautiful Reserve in Pretoria.