A birdwatcher from Maidstone in the UK writes about the Moreleta Kloof

Moreletakloof is a small private nature reserve to the southeast of Pretoria, South Africa. The reserve claims some wonderful birds with Red-chested Flufftail and Ovambo Sparrowhawk on their list.

The guard on the gate let me in at 06.00 while it was still dark. It was cold too. I had 3 layers, gloves and a hat but found myself wishing I had more….

To read the rest of this post please visit;

http://redgannet.blogspot.com/2010/08/moreletakloof-johannesburg-jnb.html

Making Moreleta Kloof wheelchair friendly

WE ARE PLANNING A WHEELCHAIR FRIENDLY MORELETA KLOOF (ALSO CATERING FOR THE VISUALLY IMPAIRED)

The Friends of Moreleta Kloof Nature Reserve are planning a walk in the Moreleta Kloof, which will be followed with soup and sherry at Rademeyers. We will walk along the planned wheelchair friendly route.

We will start the walk at 11:00 and finish at around 12:30, on the 31st of July 2010.

This is a very important event, please join us and become part of the team.  Please let us know if you will be there by contacting Rademeyers at 012 998 1693 or by emailing us on info@moreletakloof.co.za, so that we know how many people to prepare for. It is only R45 for the soup, bread and sherry.

Vakansie tyd!

Soek jy iets om te doen hierdie vakansie? Is die kinders verveeld?

Pak ‘n rugsak met lekker eetgoed (elke papiertjie moet terug in die sak), iets om te drink, en kom stap in die Moreletakloof.

Maak ‘n groep van vriende en familie bymekaar en kom spandeer ‘n hele paar uur saam in die Kloof. Die Kloof is nou Bosveld mooi, geklee in sy Winterskleure en jy stap op byna 8km gesnyde graspaadjies, in die mooiste Kloof langs die standhoudende Rademeyerspruit, wat jy heeltyd hoor kabbel.

Daars verskillende roetes, Suikerbos en Duiker, het bietjie opdraendes en dan die baie plat Rademeyers roete waar jy selfs met ‘n stootwaentjie kan stap.

Die mooiste tyd, vir my is natuurlik Sondagoggend, so vroeg as moontlik, dis stil, klam en baie pragtig.

Julle kan selfs vir die kinders vra om te kyk hoeveel bokke, voëls of klein diertjies hulle kan sien, daars die mooiste verskeidenheid. Hierdie uitstappie is ook die ideale tyd vir kinders om te besluit watter taak of projek hulle, vir skool hier kan kom doen. Deur die jaar, is daar pragtige sampioene, klein veldplante, ‘n verskeidenheid van grassoorte, die mooiste blommetjies en moenie vergeet van die kabouters en fëetjies wat tussen die blare speel nie.

Kom geniet die Natuur op sy beste in hierdie 90 hektaar Reservaat. Oop vanaf 6 VM to 6 NM.

Kontak ons gerus op info@moreletakloof.co.za vir meer inligting!

Stap / Walk 15 May at 07:30 AM

Die VRIENDE VAN MORELETAKLOOF nooi u uit om saam met u familie en vriende, op die 15de Mei , om 07.30  in die Moreletakloof te kom stap.

Kom stap op die mooiste wandelpaadjies wat kronkel tussen die groot bome onder in die Kloof, langs die Rademeyerspruit.

Dis jul keuse van hoe lank julle wil stap, daar is drie roetes, waarvan die Rademeyersroete, selfs geskik is vir stootwaentjies, en meer gelyk is. Pak n heerlike ontbyt in n rugsak en gaan eet langs die spruit, op n kombers onder die bome, en geniet die mooiste natuurskoon.

Dis n fees vir ouers en kinders, om hier in die middel van Moreletakloof in so n mooi Natuur Reservaat saam te verkeer.  Die roetes strek oor 7.5 km op 100 hektaar, wat wissel van grasvlaktes, digte bos met die mooiste romantiese paadjies, tot vleilande met die grootste verskeidenheid voëls. Onthou asseblief die kamera.

Daar is ook die opsie van n Buffet-ontbyt wat bedien sal word by Rademeyers, tussen 10 en 11.30, maar u moet asseblief vroegtydig bespreek by 012 998 1693. Die koste beloop R49.00, wat vrugtesap, ontbyt en koffie insluit, en kinders tussen 6-12 jaar, R25.00.

U kan ook aansluit by die Vriende van Moreletakloof, teen R200 per jaar, per gesin, waarvoor u twee gratis toegange kan kry vir twee volwassenes en twee kinders onder 18, in die volgende Reservate, Groenkloof, Rietvlei, Faerie Glen en Wonderboompoort.

Kom stap saam en word n Vriend van hierdie Reservaat, wat met soveel liefde deur Natuurbewaring (Pta-Oos), onderhou en beskerm word. So min mense besef werklik watter mooi groen area, hier , gratis besoek kan word, en deur u kinders gebruik kan word, om die Natuur beter te leer ken. Uitstekende bron, vir baie skooltake en projekte, die mooiste veldplante, voëls, sampioene , fungi en bokke en volstruise.

**************************

The FRIENDS OF MORELETAKLOOF would like to invite you and your family and friends for a walk in our serene and beautiful Nature Reserve in the middle of Moreletapark.

You can stroll on the most romatic grass pathways down to the Rademeyerspruit, among massive old White Stinkwoodtrees, with the sound of water, that will follow you most of the route. You have a choice of three routes, but the best, is do it all, its only 7,5km in this 100 hecture green area. The Rademeyerroute is the flattest, and you can even walk with a pram, up to the damwall. Pack your breakfast ( and remember the blanket to sit on),and come and sit and eat under the trees  with the song of birds to serenade you.

Its free, and your car will be safely parked inside the Reserve, at the gate.

Everbody will enjoy this, and if youre lucky, you might see a fairy under a colourful mushroom. The children will have a feast!

The children can make use of this Reserve for school projects and class assignments, and learn to care for our green areas.

You could also have a buffet-breakfast at Rademeyers, for R49.00 (which include fruit juices, breakfast and coffee), children between 6 and 12 years, R25.00. Please phone to book for this breakfast ( 012 998 1693).

You can also become a FRIEND OF MORELETAKLOOF  at only R200 per year per family, and for that you get two, free visits, for a family of four, to Rietvlei-, Groenkloof-, Faerieglen- and Wonderboompoort Reserve’s. We need the community to help with the upkeep and to preserve and secure this Reserve.

Please come for a walk, and enjoy Nature at its best!

For more information visit http://www.moreletakloof.co.za

Stap in die Moreletakloof/Walk in the Moreleta Kloof

Kom stap saam met ons op die 28ste Maart om 06:30 VM. Ek besef dis vroeg maar die Kloof is op sy mooiste en stilste, op n Sondagoggend.

Pak vir julle n ligte ontbyt in n rugsak en kuier saam met ons langs die spruit onder die bome. Onthou die kamera,  n klein kombersie om op te sit en al die vriende en familie.

Daar is heerlike roetes om van die kies, sommige makliker as ander. Die afstande wissel , maar die langste een is 3.2km lank.  Met al die goeie rëen is die Kloof n lusthof, van die kleinste veldblomme, die mooiste sampioene, wildsbokke en groot ou bome, waaronder die feetjies baljaar.  Die spruit ontstaan net buite die Reservaat , en is n pragtige standhoudende stroom wat groot poele onder die bome maak. Jy is heeltyd bewus van die gekabel van die water, en sang van honderde voëls.

Julle kan enige dag van die week kom stap, vanaf ses in die oggend tot ses uur in die aand( waneer jy die stappie kan afsluit  met n heerlike glassie wyn by die Voerkraal).

Die motors word veilig binne die Reservaat geparkeer, by die Rademeyershek en alles is gratis.

————————————————————————-

Come for a Walk ,early on Sundaymorning the 28th of March (at 6.30).

Please pack a light breakfast, bring a blanket  and your camera, and join us  for a walk in the serene coolness of the morning, under shady trees with the sound of water and the song of birds.

You can choose different routes, or join us for a two- or three hour walk. After all the rains, you will not believe that you are walking in a Reserve in the middle of Moreletapark.

The children can enjoy nature and see Zebra, Blesbuck and Impala grazing in the grass fields.

You can come for a walk,any day of the week. The gates open at 06:00 in the morning and you can also end an afternoon walk with glass of wine, at six at the Voerkraal, and watch the sunset over the Kloof.

Park your car at the Rademeyers gate and enjoy the free walk in the most beautiful Reserve in Pretoria.

Friend’s Den

When visiting the Moreleta Kloof Nature Reserve, remember to visit the Friend’s Den! Details about upcoming events and other information about the reserve will be posted there. The Friend’s Den is close to the main gate entrance next to the security guards.

[singlepic id=71 w=320 h=240 float=center]

Spring is in the air

SPRING IS IN THE AIR : COME FOR A LOVELY WALK IN THE MORELETAKLOOF ( 5TH AND 6TH SEPTEMBER)

Would you like to join me for a long walk, in the cool of the morning, on romatic paths, among tall trees, next to the Moreletaspruit. Bring your family and friends (children enjoy this very much), your camera and something to drink. The walk takes about two hours, but its your choice because there are shorter, well marked roetes, that you can do on your own. You will see Zebra, Rooibok, Springbuck and ostriches on your walks.

There will also be a Green Market at Rademeyers, with many stalls.

If you have not been in the Kloof, you will be very surprised at the serene cool beauty, that will surround you, right in the middle of Moreleta Park.

My first walk will be at 6.30, on Saturdaymorning (the best walk), which will be followed at ten, and three in the afternoon.

On Sunday, we go out at 7, and ten, followed in the afternoon at three.

Come and enjoy nature, at its very best. Entrance in Helios Street, Moreletapark.

NOU IS DIT LENTE, KOM STAP SAAM IN DIE MORELETA KLOOF (5 EN 6 SEPTEMBER 2009)

Kom stap saam met my in die mooie Moreleta Kloof, met die romatiese kronkelende paadjies tussen groot ou bome, langs die Moreletaspruit.

Daar is verskillende roetes maar ek geniet dit om vir twee uur rustig te stap in die varsheid van die oggend, met die natuur op sy beste. Bring u familie(die kinders geniet dit baie) en vriende en geniet die dag saam met ons. Iets om te drink en moet nie die kamera vergeet nie.

Daar is n roete wat regs van hek wegdraai, wat meer gelyk is, en so om en by 3km lank is, tot by die dam.

Daar is ook n Groenmark op Saterdagoggend, by Rademeyers.

My eerste uitstappie begin om 6.30 op Saterdag, die 5 de September, wat gevolg word om 10 uur en drie uur, die middag.

Sondagoggend om 7 uur (die stilste, en mooiste tyd), 10 uur en drie uur.

Kom geniet die uitstappies saam met ons, en voel verfris na goeie dosis van die natuur.

Jeannie du Plessis, Vriend van die Moreletakloof.

jeanniedp@gmail.com

Election Day 2009

On 22 April, South Africans turned up at voting stations across the country in their millions. The voting station that used to be on the corner of Helios and Rubenstein in Moreleta Park, was moved to Rademeyers this year, presenting the Friends of Moreleta Kloof with a golden opportunity to make area residents aware of the Kloof. Rademeyers Restaurant also made a family day out of it, with jumping castles, food and drinks on sale and live entertainment.

It is almost shocking to see how little people know of this beautiful reserve that is right under their noses. People drive past it on their way to work every day without even knowing noticing the zebras standing next to the road.

The FMK, together with Tshwane Nature Conservation and The Green Market put up a stand at the exit of the voting station showcasing the Kloof and sustainable living. A snake show was held to teach kids to not be afraid of snakes and to respect them and the important role they play in nature. All in all the day was a huge success with plenty of interest shown in the Kloof. 

[nggallery id=7]

Stem en kom stap dan in die Kloof!

Die stemlokaal vir die Moreletapark gebied is by die Moreletakloof-natuurreservaat. Ons rig n uitnodiging aan alle kiesers van die area:

As u en u gesin na die stemlokaal kom om te stem, trek asseblief julle stapskoene aan en kom stap na die stemmery saam met ons in die mooie reservaat. Ons kan al om die uur uitstappies neem, maar u kan ook self stap op die duidelik aangewysde roetes langs die Moreletaspruit, wat uit n fontein in die gronde van die Wingate-gholfbaan gevoed word.

Daar is verskillende roetes, so bring u kamera saam en stap vir n uur of drie in die kloof.

Bring iets te drinke saam en kry n groot verrassing oor die pragtige natuur wat u hier kan besigtig.

Ons probeer ook om meer lede te werf vir die Vriende van Moreletakloof sodat die kloof as natuurgebied bewaar kan word.

 

 

Jeannie du Plessis van Moreletapark