Kom vir n heerlike vroegoggend uitstappie saam met Heidi Machts, wat n baie goeie veldgids is, en sal sorg vir n baie interessante stappie, waar jy baie sal leer van ons mooie reservaat. Dit is baie vroeg maar die mooiste deel van die dag in die veld. Al sou dit die vorige nag gerëen het bly die paadjies heel toeganklik.
Daar sal n koste verbonde wees van R30 per persoon, wat gedeeltelik aangewend sal word vir die verf van ons palisade wat u as stapper beveilig.
Ons ontmoet by die parkering naby die hek en die uitstappie sal ongeveer drie ure duur. Bring iets te eet en drink, en moet nie u kamera en hoed vergeet nie.
Datum: 14 Desember 2013 om 06:00
Kontak ons gerus op info@moreletakloof.co.za vir meer inligting!